Hoekom is 'n Mediese Fonds Noodsaaklik?
Dit is dikwels 'n traumatiese ervaring om ernstig siek te word of seer te kry, selfs al is jy lid van 'n mediese fonds.
So stel jou voor hoeveel erger finansiële druk en emosionele stres jy sal moet ontbeur indien jy nie enige mediese dekking het nie.
Alhoewel die oorgrote meerderheid mediese fondse op die oog af meestal dieselfde voordele bied, is dit nie voldoende om sommer net by enige mediese fonds aan te sluit nie. Jou mediese dekking mag dalk eendag jou lewe red, so dit is van kardinale belang om die regte mediese fonds of hospitaalplan te identifiseer.
Dit betaal om ‘n mediese fonds te hê
Mediese fonds bydraes kan gedeeltelik van belasting afgetrek word, wat beteken dat jy nie net spaar op mediese uitgawes nie, maar ook op belasting! Die Suid-Afrikaanse regering hoop om binnekort mediese fonds dekking so veel as moontlik binne die bereik van die hele populasie te maak, wat beteken dat mediese fonds paaiemente in die toekoms selfs meer belastingsvoordele sal hê.
Die voordele van hospitaal planne
‘n Hospitaal plan is ideaal vir diegene in ‘n laer inkomstegroep of laer gesondheidsrisiko’s. Alhoewel hospitaal planne nie voorsiening maak vir dag-tot-dag mediese uitgawes nie, verskaf dit genoegsame hospitaal dekking. Dit is ‘n groot gewig van enige iemand se skouers af om te weet dat hulle mediese fonds alle vername prosedures en hospitalisasie sal dek, sonder om ‘n fortuin te kos.
Gesels met ‘n gesondheidsversekerings makelaar of een van Selfmed se konsultante indien jy enige ander dekking benodig wat nie in die hospitaal plan ingesluit is nie.
Kontak ‘n Selfmed mediese fonds konsultant vir gratis advies oor hoe ons in jou persoonlike gesondheidsversekerings behoeftes kan voorsien, of kry ‘n gratis mediese fonds kwotasie.
|
Selfmed Mediese Fonds Planne
Selfmed mediese fonds planne
Dit is noodsaaklik om die regte mediese fonds plan te kies. Besluit eers wat die belangrikste rede is hoekom jy gesondheidsdekking wil hê, en kyk dan hoeveel jy bereid is om te betaal vir daardie gemoedsrus en dekking. Jy sal vind dat die koste van die mediese fonds plan altyd in verhouding staan tot die hoeveelheid dekking wat jy ontvang. Dit is dus noodsaaklik om eers vas te stel hoeveel dekking jy werklik nodig het.
Hou aan lees vir ‘n omvattende lys van die verskeie mediese fonds opsies wat Selfmed bied – jy sal beslis een kry wat jou unieke behoeftes pas! Dit is goed om te weet dat al Selfmed se mediese fonds planne – van die goedkoopste tot die duurste – die volgende dek:
- Onbeperkte hospitalisasie by enige Suid-Afrikaanse privaathospitaal.
- Onbeperkte noodvervoer en verwante voordele as jy ER24 in Suid-Afrika, Lesotho en Swaziland gebruik.
- Professionele en gespesialiseerde behandeling indien jy met ‘n gevreesde siekte soos bv. Vigs of kanker gediagnoseer word.
- Die opsie vir ‘n ABSA kredietkaart om te help met die betaling van ekstra dag-tot-dag mediese uitgawes.
- Onbeperkte dekking in die geval van laser tonsillektomies, gastroskopies en kolonoskopies ongeag of dit deel van hospitalisasie uitmaak of nie (bybetalings mag van toepassing wees).
- Bo-gemiddelde voor-geboorte en bevallingsvoordele.
- Onbeperkte voordele om rehabilitasie en herstel te bespoedig.
So hier is waar die ooreenkomste eindig en die belangrike keuses begin! Lees verder om uit te vind watter plan jou gesondheidsbehoeftes die beste sal pas.
DIE MEDXXI
Selfmed se MEDXXI plan dek die kostes van alle behandelings en dienste gedurende hospitalisasie – betaalbaar teen 100% MST (Mediese Skema Tarief). Neem kennis dat bybetalings van toepassing is in die geval van onder andere heup- en knievervangings.
Verder bied hierdie hospitaalplan onbeperkte voordele vir nie-elektiewe mond-, gesig- en kaakchirurgie.
MEDXXI kos R892 ‘n maand vir die hooflid. ‘n Volwasse afhanklike kos R823 per maand ekstra, en ‘n minderjarige afhanklike R503 per maand.
DIE MED ELITE
Hierdie omvattende keuse bied ruim chroniese medisyne dekking vir meer as 60 toestande, tot ‘n maksimum van R18 300 per gesin, per jaar.
Die MED Elite plan sluit ook onbeperkte en omvattende dekking in vir alle hospitaal behandelings en dienste – betaalbaar teen 150% MST.
MED Elite kos R1911 per maand vir die hooflid. ‘n Volwasse afhanklike kos R1769 per maand ekstra, en ‘n minderjarige afhanklike R603 per maand.
SELFMED SELFSURE
Met hierdie opsie is alle dienste en behandelings betaalbaar teen 100% MST, alhoewel bybetalings geld in die geval van onder andere heup- en knievervangings.
Doktersbesoeke, spreekkamerprosedures en hulpdienste word gedek vanuit die dag-tot-dag limiet teen 100% MST. Verder kry swanger vrouens onbeperkte voorgeboorte ondersoeke teen 100% MST, sowel as voorgeboorte klasse en multi-vitamien aanvullings wat by apteke aangekoop word. Daar is ook ‘n aparte limiet wat gesamentlik basiese tandheelkunde, radiologie, patologie en fisioterapie dek.
SELFMED SELFSURE kos die hooflid R1373 per maand, ‘n volwasse afhanklike R1350 per maand, en a minderjarige afhanklike R464 per maand.
SELFMED 80%
Die SELFMED 80% plan het omvattende binne- en buite hospitaal dekking, sowel as chroniese medisyne voordele. Dit dek alle binne-hospitaal, chirurgiese en mediese prosedures – onder andere, knie- en heupvervangings (sonder bybetalings).
SELFMED 80% kos die hooflid R3622 per maand, ‘n volwasse afhanklike R3138 per maand, en a minderjarige afhanklike R625 per maand.
Kontak Selfmed gerus indien jy enige vrae het, of raad benodig oor ons betroubare, bekostigbare en maklik verstaanbare mediese fonds planne.
MST = Mediese Skema Tarief
Mediese Skema Tarief = Nasionale Verwysingsprys of sondanige ander tarief deur die Skema bepaal.
|
Goeie Gesondheid bly die Beste Medisyne
Goeie gesondheid bly die beste medisyne
Daar is geen twyfel nie: Deesdae kan ‘n mens nie bekostig om sonder gesondheidsorg te wees nie. Dit maak nie saak of jy ‘n gesonde 25-jarige, of ‘n 46-jarige met ‘n gevreesde siekte is nie, dit is belangrik om ‘n mediese fonds te kies wat beide jou lewenstyl en jou sak pas.
Ongelukkig is dit ‘n harde realiteit dat jy vandag heeltemal gesond kan wees, en môre noodbehandeling moet ontvang vir ernstige beserings ná ‘n motor ongeluk. Dit is juis tydens hierdie tipe onvoorsiene omstandighede wat ‘n mens tot die besef laat kom dat ‘n goeie mediese fonds sy waarde in goud werd is.
5 Wenke om jou en jou familie gesond te hou
Die volgende wenke mag dalk vanselfsprekend voorkom, maar tog is dit baie maklik om daarvan te vergeet. Vandag se gejaagde lewenstyl beteken ons almal kies soms vinnige en maklike gemorskos bo ‘n gesonde maal, of het net eenvoudig nie krag vir oefening nie! Die waarheid is dat ons nooit genoeg tyd gaan hê om alles in te pas nie, en dit is waar dit belangrik raak om jou prioriteite reg te kry.
Om jou lewe effens makliker te probeer maak het ons ‘n lysie opgestel van vyf dinge wat uiters belangrik is om goeie gesondheid te handhaaf:
1. Kry 8 ure slaap elke aand
‘n Goeie nagrus is jou liggaam se manier om te herstel en weer krag op te bou. Navorsing toon dat die gemiddelde persoon elke aand 8 ure slaap nodig het om heeltemal verfris te wees vir die dag wat voorlê. Maak seker dat jou kamer stil en donker is, en dat daar genoeg vars lug sirkuleer.
Hou ‘n ogie op wat jy eet, en drink genoeg water
- Dit is beter om vier of vyf kleiner maaltye te eet, in plaas van drie groot etes per dag.
- Eet ten minste 5 porsies vars vrugte en groente elke dag
- Klein veranderinkies kan ‘n groot verskil maak: Eet bruin brood in plaas van wit; drink lae vet melk in plaas van volroom melk
- Koop maer vleis, sny alle sigbare vet af en maak dit op ‘n gesonde manier gaar
- Drink 6-8 glase water elke dag
- Hou matigheid voor oë wanneer dit by alkohol, kaffeïene en gemorskos kom
Raak aktief!
Dit is ‘n feit dat oefening jou jonger, fikser en maerder laat lyk en voel. Beste van alles is dat jy nie net fantasties voel nie, maar dat jou liggaan ook beter in staat is om siektes te bestry. Ander voordele van oefening is:
- Dit help jou gewig verloor!
- Dit is uitstekend vir die hart
- Oefening werk stress teë
- Jy slaap beter
- Jou liggaam bly langer jonk aangesien daar meer suurstof en nutriënte deur die liggaam sirkuleer
- Jy staan ‘n kleiner kans om ‘n beroerte, hoë bloeddruk, osteoperose, griep ens. te ontwikkel
- Dit bevorder brein-aktiwiteit
Gaan sien die dokter
Dit is baie belangrik om gereeld vir ‘n mediese ondersoek te gaan. Danksy moderne tegnologie kan meeste siektes en toestande vinnig en maklik behandel word indien dit vroeg genoeg ontdek word. Of dit nou die huisdokter, tandarts, fisioterapeut of sielkundige is – maak sommer vandag jou afspraak!
Ontspan…
Om heel aand voor die kassie te sit, die koerant te lees of selfs te slaap is nie noodwendig ontspannend nie. Daarom is dit belangrik om elke dag ‘n bietjie tyd vir jouself te maak, selfs al is jy hoe besig. Of jy nou verkies om in ‘n skuimbad te ontspan, ‘n lang wandeling te neem of vir ‘n massering te gaan – jy sal gou-gou agterkom dat jy jou besige skedule sommer in ‘n japtrap kan deurdraf.
|
Wat is jou Gesondheidsorg Prioriteite?
Wat is jou gesondheidsorg prioriteite?
Die media is vol van mediese fonds advertensies wat liewer gratis fliekkaartjies, goedkoop vakansies en ‘n hoop ander sogenaamde “voordele” beklemtoon, as die gesondheidsversekering self.
Alhoewel hierdie ekstras ‘n lekker bonus is, is dit uiteraard die mediese fonds dekking wat gaan tel wanneer jy dit die meeste nodig het. Waarop dit neerkom, is dat jy moet besluit wat jou prioriteite is sover dit mediese fonds dekking aangaan.
Byvoorbeeld, wanneer jy ‘n mediese fonds skakel, verkies jy om met ‘n professionele konsultant te gesels wat jou beste belange op die hart het? Of sal dit jou nie pla indien hierdie persoon sy aandag tussen lede van verskillende mediese fondse verdeel nie?
Iemand wat na ‘n mediese fonds soek moet die volgende prioriteite in gedagte hou:
- Betroubare en regverdige gesondheidsorg is van baie meer belang as ‘n gym-lidmaatskap en ander tierlantyntjies.
- Finansiële standvastigheid word nie bepaal deur hoeveel mense aan ‘n mediese fonds behoort nie.
- Lede het die reg tot goeie dienslewering en daar moet na elke lid se unieke behoeftes omgesien word.
Hoekom is ‘n mediese fonds noodsaaklik?
Metafories gesproke is ‘n mediese fonds soos die suurstof wat jy inasem: Jy dink nie daaraan totdat jy dit nie meer het nie. Om siek te raak is stresvol genoeg wanneer jy wel mediese fonds dekking het – verbeel jou hoe angsvol en duur die hele situasie kan raak indien jy geen vorm van gesondheidsdekking het nie!
Afhangende van die erns van jou siekte of toestand, bestaan die kans dat hospitaal rekeninge en medikasie jou finansieel seer kan maak. Dit is hoekom baie mense mediese fonds dekking nie as ‘n luukse beskou nie, maar as ‘n absolute noodsaaklikheid.
Hier is die goeie nuus: Danksy die groot verskeidenheid mediese fonds skemas en produkte op die Suid-Afrikaanse mark, is dit nou makliker as ooit om die perfekte gesondheidsdekking vir jou unieke behoeftes te kry.
Aangesien alle mediese fonds planne tot ‘n mate dieselfde dekking bied, word die vraag dikwels gevra: Hoe spesifiek kan iemand se gesondheidsorgbehoeftes nou regtig wees? Die antwoord is vanselfsprekend. ‘n Gesonde 22-jarige het sekerlik nie dieselfde gesondheidsdekking as ‘n 63-jarige kanker pasiënt nodig nie. Hierdie voorbeeld is dalk effens oordrewe, maar die feit bly staan dat verskillende mense verskillende mediese behoeftes het. Dit hang maar net af van hulle ouderdom, finansiële welvaart en natuurlik, die spesifieke dekking wat hulle in gedagte het.
Nog ‘n vraag wat gereeld opduik is die volgende: Wanneer iemand ernstig beseer word in ‘n motor ongeluk maak dit sekerlik nie saak hoe oud hulle is nie – die mediese behandeling sal tog dieselfde kos? Ons antwoord daarop is: Ja, dit is heeltemal reg. Dit is juis om hierdie rede dat meeste mediese fonds verskaffers ‘n tipe “hospitaal plan” bied. Lede betaal ‘n maandelikse fooi vir mediese dekking indien hulle in ‘n ongeluk beland of skielik siek word en in die hospitaal opgeneem moet word.
‘n Hospitaal plan is meer gepas vir ‘n jong, gesonde persoon wie se dag-tot-dag mediese uitgawes minimaal is, en dien gereeld net as ‘n veiligheidsnet vir behandeling indien hulle dalk in ‘n groot ongeluk beseer sou word.
‘n Omvattende mediese fonds, aan die ander kant, is meer geskik vir mense wat dalk geneig is om dikwels siek te word, en dus heelwat hoër dag-tot-dag mediese uitgawes het. Vir hulle is dit baie goedkoper om die maandelikse omvattende dekkingsbedrag te betaal, in plaas van elke afsonderlike dokter, tandarts en spesialis rekening.
Ter opsomming, wanneer dit kom by verskillende mediese fonds planne, is die koste van die plan in verhouding tot die hoeveelheid mediese dekking wat die lid ontvang. Met ander woorde, hoe meer jy betaal elke maand, hoe meer dekking sal jy kry. Die regte vraag is dus: Hoeveel gesondheidsdekking het jy nou regtig nodig?
Watter mediese fonds is die goedkoopste?
Ongelukkig is hierdie nie die regte vraag om te vra nie. Soos ons reeds hier bo bespreek het moet jy die mediese fonds kies wat die beste in jou individuele behoeftes voorsien – in terme van beide jou gesondheid en jou begroting.
Hou in gedagte dat die goedkoopste plan nie noodwendig die mees bekostigbare mediese oplossing is nie. In so ‘n geval mag jy dalk baie min spandeer op jou maandelikse bydrae, maar jou mediese uitgawes kos jou nogsteeds ‘n fortuin aangesien dit nie deur jou mediese fonds gedek word nie.
Dit is ook belangrik om bewus te wees van die feit dat Suid-Afrikaanse mediese fonds tariewe deur die regering gereguleer word. Dit beteken dat gesondheidsversekering jou basies dieselfde sal kos, ongeag watter mediese fonds verskaffer jy kies.
Alle groot gesondheidsorgverskaffers het ‘n verskeidenheid planne wat wissel van goedkoper hospitaal planne tot duurder omvattende dekking. Uiteraard moet die volgende vrae gevra word wanneer daar op ‘n mediese fonds besluit word:
- Watter mediese fonds bied die beste diens?
- Het die verskaffer ‘n verskeidenheid planne om van te kies, waarvan ten minste een my persoonlike gesondheidsbehoeftes en begroting pas?
- Het die mediese fonds ‘n goeie naam en sal hulle my kostes dek wanneer ek dit die nodigste het?
Aan die einde van die dag is dit die verantwoordelike ding om te doen om ‘n mediese fonds uit te neem. Hou in gedagte dat jou maandelikse mediese fonds paaiemente gedeeltelik van jou belasting geëis kan word, en dat goeie gesondheidsversekering jou moontlik duisende rande kan spaar wanneer jy dit die nodigste het. Die meeste mense sal erken – die gemoedsrus is elke sent werd.
|
Die Voordele van Selfmed Groep Lidmaatskap
Die voordele van Selfmed groep lidmaatskap
Is daar meer as 10 mense in jou kantoor of organisasie wat dalk belangstel om aan te sluit by Selfmed mediese fonds? Indien wel, kwalifiseer julle as ‘n groep, en is dus geregtig op addisionele voordele bo en behalwe die wat elke individuele Selfmed lid ontvang.
Selfmed mediese fonds skema is vinnig besig om ‘n reputasie op te bou as een van Suid-Afrika se beste gesondheidsorg verskaffers. Met meer as 40 jaar ervaring is Selfmed een van die mees finansieël standvastige mediese sorg verskaffers met uitstekende persoonlike diens.
Selfmed bied ‘n reeks mediese fonds opsies wat eenvoudig genoeg is om te verstaan, en tog deeglik en omvattend genoeg is om by beide die gesondheidsorg vereistes en die begrotings van Suid-Afrikaners te pas.
Verder word ons inbel sentrum besit en bestuur deur Selfmed. Dit beteken dat ons persoonlik verantwoordelikheid neem vir elke oproep. By Selfmed is daar geen administratiewe middelman nie, wat beteken dat ons direk kontak het met elke lid, en dus beter diens kan lewer.
Lees verder om meer uit te vind oor Selfmed, en veral oor die verskil tussen ‘n groep lidmaatskap en ‘n enkel lidmaatskap.
Elke individuele Selfmed ledemaat ontvang:
- Die geleentheid om te kies tussen ‘n reeks uitstekende Selfmed opsies. Ten minste een van ons planne sal sekerlik jou gesondheidsbehoeftes en jou sak pas.
- Onbeperkte hospitalisasie dekking by enige Suid-Afrikaanse private hospitaal.
- Onbeperkte voordele en vervoer in ‘n noodsituasie met ER24 in Suid-Afrika, Lesotho en Swaziland.
- Toelating tot ‘n gespesialiseerde siektebestuursprogram indien jy gediagnoseer word met ‘n lewensbedreigende toestand, bv. kanker of MIV/Vigs.
- Toegang tot ‘n opsionele ABSA kredietkaart om te help met die betaling van dag-tot-dag mediese kostes.
- Onbeperkte voordele vir laser tonsillektomies, gastroskopies en kolonoskopies ongeag of dit deel van hospitalisasie uitmaak of nie.
(bybetalings mag van toepassing wees).
- Onbeperkte voordele vir rehabilitasie en tuisverpleging, onderhewig aan skema goedkeuring.
Lede wat as ‘n groep by Selfmed aansluit (10 of meer mense) ontvang:
- Al die voordele wat vir individuele lede geld.
- Die dienste van ‘n toegewyde Selfmed konsultant vir die groep.
- In die meeste gevalle, geen wagtydperk – wat beteken dat elke lid kwalifiseer vir onmiddelike dekking.
Soos hier bo uiteengesit, is daar twee groot voordele om as ‘n groep by Selfmed mediese fonds aan te sluit.
Lede sal hulle eie Selfmed konsultant hê wat by hulle kantore sal omkom wanneer dit nodig is, om die verskeie opsies te bespreek en inligting te verskaf.
Die tweede groot voordeel van ‘n groep aansluiting is dat elke persoon gedek word vanaf dag een. Met ander woorde, daar is geen wagtydperk nie!
Indien jou werk meer as 10 mense het wat sou belangstel om lede van Suid-Afrika se mees persoonlike mediese fonds skema te word, maak vandag nog ‘n afspraak met een van Selfmed se vriendelik konsultante vandag.
|
Gesondheid in die Werkplek
Beskrywing: Mediese fonds dekking and gesondheid in die werkplek bevorder personeel produktiwiteit and bevoordeel die werkgewer oor die jare
Gesondheid in die werkplek
Daar is weining mense wat kan sê dat hulle nog nooit werkstres moes hanteer in die kantoor of werkplek nie. Die realiteit is dat dit nie saak maak wat jy doen vir ‘n lewe nie – op een of ander stadium moes jy al in ‘n stresvolle omgewing gewerk het.
Navorsing toon dat mense oor die algemeen harder werk, langer ure by die kantoor insit en minder ruskansies vat as ooit tevore. Werkstres het verdubbel, terwyl tevredenheid met werksomstandighede drasties verminder het – en in die proses werknemer lojaliteit daarmee saam. Al hierdie werkplek spanning het ‘n negatiewe effek op werknemers se gesondheid en algemene welstand. En die slegte nuus vir werkgewers is dat dit ook werksgesindheid en produktiwiteit negatief beinvloed.
So wat presies is stres?
Stres is die liggaam se manier om die druk van lang werksure, byna onmoontlike spertye en al hoe meer werk te hanteer. Jou liggaam reageer negatief op hierdie spanningsvolle lewenstyl deur jou bloeddruk op te jaag en jou hartklop te versnel in permanente “veg of vlug” gereedheid. Ongelukkig is dit ‘n realiteit dat as hierdie toestand te lank aanhou dit na ‘n reeks siektes kan lei, en selfs die dood veroorsaak.
Die noodsaak van ‘n gesonde werkplek
‘n Goeie werk-lewe balans is ‘n ernstige en groeiende kommer vir werkgewers, besigheids eienaars en bestuurders. Aangesien personeel meer en meer tyd by die werk spandeer, is dit noodsaaklik om maniere te find om personeel behoud, moraal en produktiwiteit te verbeter.
‘n Werk-lewe balans kan as volg beskryf word: Dit is die manier waarop die kompeterende rolle en verandwoordelikhede van die werkplek, die huis en die gemeenskap hanteer word. Al hoe meer werkers erken dat hulle sukkel om al hulle werkspligte en verandwoordelikhede na te kom, en nog ‘n gesonde persoonlike lewe te hê.
So wat beteken dit vir die werkgewer?
Die werkgewer speel ’n belangrike rol in die werk-lewe balans van al sy personeellede. Werkstres het die grootste effek op mense se gesondheid - selfs meer as finansiële- en familie probleme.
‘n Aangename werksomgewing wat fokus op die bevordering van die werknemers se welstand sal op die lange duur vrugte dra vir werkgewers, hul werknemers en hul besigheid.
Kyk so daarna. Dit is aansienlik goedkoper om ‘n goeie werksbeleid in werking te stel, eerder as om die kostes van afwesighede en verlore produktiwiteit te betaal. Werkgewers en personeel kan saam werk om die gesondheidsrisiko’s in die werkplek te identifiseer, en dan opkom met eenvoudige, koste-effektiewe stappe om dit te verminder.
Hoe word die werkgewers bevoordeel?
Al hoe meer werknemers beskou dinge soos mediese fonds, flexi tyd en ‘n goeie werk-lewe balans as ‘n vereistes om ‘n nuwe posisie te aanvaar. As ‘n werkende persoon weet jy dat al hierdie dinge ‘n belangrike rol speel in die handhawing van ‘n gebalanseerde werk-lewe. Werkgewers en eienaars van besighede mag dalk meer oortuiging nodig hê om dit in hulle besigheidsplanne te laat korporeer, soos die feit dat hulle organisasie se vermoê om werkers te laat aanbly al hoe meer sal afhang van die belofte van ‘n goeie werk-lewe balans.
Duur nagevolge
Dit is reeds herhaaldelike kere bewys: Daar is ernstige nagevolge wanneer ‘n persoon nie balans het tussen hulle lewe by die werk, by die huis en in die gemeenskap nie. Die realiteit is dat die werkplek die meeste van hierdie werk-lewe konflik moet verduur. Hierdie nagevolge sluit in:
- Verhoogte afwesigheid
- Verhoogte personeel omset
- Laer produktiwiteit
- Verhoogte gesondheidskostes
- Verminderde werkstevredenheid
- Verhoogte bestuurstres
- Stram familie/sosiale verhoudings
Lees meer oor die besigheidsvoordele van ‘n goeie werk-lewe balans by die werkplek, en hoe om dit te bereik.
Sorg vir werknemers se gesondheid
‘n Belangrike manier om na jou personeellede se gesondheid om te sien is deur basiese mediese fonds dekking te voorsien. Selfmed mediese fonds is ‘n geregistreerde, oop Suid-Afrikaanse mediese fonds maatskappy wat uitsonderlike dekking bied teen ‘n bekostigbare prys. Vind meer uit oor die voordele van ‘n groep lidmaatskap en laat ons na jou personeel se gesondheid en welstand omsien.
|
Die Besigheidsvoordele van ‘n Gebalanseerde Werk-lewe
Die besigheidsvoordele van ‘n gebalanseerde werk-lewe
Een van die mees akkurate maniere om die sukses van ‘n maatskappy se werks omstandighede te bepaal, is die vlak van personeel tevredenheid. Besighede wat se personeel hoër vlakke van tevredenheid het, besef dat hulle nie hulle werknemers se werk-lewe balans as ‘n bysaak kan aansien nie. Dit is dus tyd vir Suid-Afrikaanse maatskappye om te besef dat hierdie balans deel vorm van ‘n besigheidsstrategie wat ‘n goeie beleggings opbrengs lewer vir die besigheid, sowel as die personeel.
Ter verduideliking, suksesvolle besigheidsleiers moet meer as net die boeke balanseer – hulle moet ook die personeel help om ‘n balans te vind tussen hulle lewe by die werk, en by die huis. Meningspeilings vanaf klein- en medium grootte, sowel as groot maatskappye regoor die land ondersteun hierdie sienswyse. Volgens hierdie besighede help ‘n werk-lewe balans program hulle om:
- Meer mense te werf:
Al hoe meer mense noem deesdae ‘n goeie werk-lewe balans as ‘n voorkeur of vereiste wanneer hulle ‘n werk aanvaar. Besighede wat ‘n goeie balans bied het ‘n kompeterende voorsprong bo ander maatskappye wanneer hulle die beste in die veld wil aanstel.
- Personeellede langer te behou:
Personeellede wat die voordele van ‘n goeie werk-lewe balans trek, bly langer by ‘n maatskappy, aangesien hulle gelukkiger is by die werk.
- Beter personeel aanwesigheid te hê:
Volgens die meerderheid van maatskappye gevra in die meningspeiling, het buigbare werksomstandighede gehelp om personeel afwesigheid drasties te verminder.
- Stiptelikheid te verbeter:
Werknemers wat die vryheid gegee word om flexi tyd te werk is geneig om baie meer gereeld betyds te wees vir werk.
- Produktiwiteit te verbeter:
‘n Gelukkige werknemer is ‘n produktiewe werknemer. Volgens maatskappye was daar ‘n goeie groei in produktiwiteit nadat werk-lewe balans programme in werking gestel is.
- ‘n Maatskappy vol gelukkige werkers te skep:
Deur net ‘n bietjie meer toegemoedkomend teenoor werknemers te wees sal personeel verhoudings verbeter, terwyl die algemene vlak van tevredenheid in die kantoor ook sal verbeter.
- Personeellede meer positief teenoor opleiding te maak:
Goed-gebalanseerde werkers is meer geneig om deel te neem in opvoeding- en opleidingsprogramme.
Maklike maniere om ‘n goeie werk-lewe balans in die werkplek te bereik
Dit is redelik maklik om uit te werk hoeveel jy, as werkgewer, moet doen om ‘n gesonde werk-lewe vir jou personeel te bevorder. Deur eenvoudig ‘n bietjie moeite te doen om jou werknemers te leer ken, na hulle behoeftes te luister en toegemoedkomend en buigbaar te wees, maak reeds ‘n groot verskil.
Wees buigsaam!
Flexi tyd gaan oor meer as net buigbare werksure. Dit verwys ook na alternatiewe werk skedules, saamgeperste werk weke en vrywillige deeltydse of verminderde ure. Deur personeel ‘n bietjie meer vryheid te gee ten opsigte van tydbestuur kan reeds die algehele vlak van personeel tevredenheid verbeter. Dit sluit in:
1. Alternatiewe werk skedules:
Werknemers werk ‘n volle dag, maar kan die begin en einde van hulle werksdag aanpas binne sekere perke. Daar is gewoonlik vasgestelde “kern” ure wanneer alle personeel by die werk moet wees. Dit gee hulle die vryheid om hulle werk rondom persoonlike verpligtinge te voltooi, en te werk wanneer hulle die meeste produktief is.
2. Saamgeperste werksweke:
Werknemers werk die volle hoeveelheid ure in hulle normale geskeduleerde werkweek of siklus, maar hierdie ure word in minder dae voltooi. Byvoorbeeld, as ‘n personeellid een ekstra uur werk per dag, sal hy/sy ongeveer een dag kan af kry, elke twee weke. Indien ‘n werknemer ‘n sekere aantal minute langer werk elke dag, mag hy/sy dalk elke derde Vrydag af kry. Dit laat ‘n gaping vir dinge soos dokters afsprake, en kan selfs die maatskappy geld spaar op oortyd uitgawes.
3. Vrywillige deeltydse / verminderde ure
Vrywillige deeltydse or verminderde ure beteken dat werknemers kan kies om minder ure te werk as voltydse personeel, en as volg betaal te word. Hierdie reëlings kan permanent wees, of net tydelik om personeellede te help om persoonlike verpligtinge af te handel.
‘n Goeie begin na ‘n gesonde werk-lewe
Dit maak nie saak of jou maatskappy reeds ‘n gebalanseerde werk-lewe bied, of nou eers die idée oorweeg nie. Goeie mediese fonds dekking is die hoeksteen van gelukkige, gesonde personeel. Lees meer oor Selfmed Mediese Fonds en find uit oor die voordele van groep lidmaatskap.
|
|